Onderriglokale:
Goed-toegeruste lokale met lugversorgers is beskikbaar.
Mediasentrum:
‘n Volledige, toegeruste mediasentrum, met ‘n verskeidenheid boeke en naslaanwerke, is tydens skoolure en ná skool tot die leerders se beskikking. Gereelde uitstalling van take om leerders meer in te lig oor die toekenning van punte.
Multi-Mediasentrum:
Die skool beskik oor ‘n Multi-Mediasentrum wat toegerus is met internet en ‘n verskeidenheid opvoedkundige sagteware. ‘n Multimedia-projektor en goeie klankstelsel maak geïntegreerde onderwys ‘n realiteit.
Administratiewe Mediasentrum:
‘n Moderne, volledig, toegeruste administratiewe kompleks bied uitstaande geriewe ter ondersteuning van doeltreffende onderwys en tot dienslewering aan ouers en leerders.
Proffessionele en vriendelike diens word verskaf.
Snoepwinkel:
‘n Snoepwinkel, wat ‘n wye verskeidenheid verversings aan die leerders bied, is oop voor skool, tydens pouses en nà skool - as daar sportaktiwiteite plaasvind.
Pieter Burger Onthaallokaal en Groenskool Braai-area:
Beide word uitverhuur vir privaatfunksies.
Kostes:
Deposito: R500,00
Huur van die Pieter Burger Onthaallokaal en braai-area: R3 750,00
Huur van die Pieter Burger Onthaallokaal: R3 500,00
Huur van die braai-area: R1 500,00
Kontak gerus die skool vir bankbesonderhede en besprekings.
Kontaknommers:
Skool (Mev. Storm): (015) 781 1041 / (015) 781 1042 / ontvangs@laerskoolphalaborwa.co.za
Klerebank:
Kontakbesonderhede:
(015) 781 1041 / (015) 781 1042
Mev. Patricia Bloem is in beheer van die klerebank, waar goeie tweedehandse klere, teen bekostigbare pryse aangeskaf kan word. Dit is geleë langs die kantoor en is Maandae tot Donderdae oop, tussen 12:00 en 13:00. Die klerebank funksioneer op skenkings van ouers, wat ons gedurende die jaar ontvang. Ons het ‘n verskeidenheid klere wat voldoen aan al die behoeftes vir seuns en dogters.
Groenskool Pre-Primêr:
Groenskool bied Borrels, graad RRR, graad RR & graad R op die terrein aan onder die toesig van die skool self.
Naskoolsentrum:
Daar is naskoolfasiliteite op die terrein, wat in die behoeftes van alle leerders, van graad RRR - 7 voldoen, direk na skool tot 17:00. Vakansiereëlings kan ook getref word.
Sport:
- Swembad
- Weervaste netbalbane
- Atletiekbaan onder spreiligte
- Rugbyvelde x 3
- Krieketnette
- Krieket turfblad