Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Geskiedenis

Die eerste skool met die naam Vermikulietskool, is op 26 Februarie 1951, begin met 'n inskrywing van 13 leerlinge.  Die gebou, met slegs een klaskamer, is deur wyle dr. Hans Merensky opgerig.
Op 25 November 1955, is die skoolterrein aan die boukontrakteur oorhandig en op 31 Augustus 1956, is die eerste steen van die nuwe skool gelê, deur die destydse Direkteur van Onderwys, dr.  A.H. du Preez van Wyk.

Die skool is amptelik in gebruik geneem op 8 Oktober 1956 en staan bekend as "Die Phalaborwase Laerskool". Dit het bestaan uit ses senior klaskamers, ses grade-klasse, `n kunslokaal en die administratiewe blok.  Daar is later klasse op pilare gebou (die dubbelverdieping-gebou bokant Loole).  Die leerlingtal het aan die einde van 1956 op 150 leerlinge gestaan.

Verskillende dele van die skoolgeboue het name gekry.  Hierdie name kom van die vier plase waarop Phalaborwadorp en myngebied geleë is nl:

Die Phalaborwase Laerskool was op daardie stadium die enigste Laerskool in die dorp en sluit op 7 Desember 1958 met 1 177 leerlinge.  Gedurende Januarie 1979 begin die tweede Afrikaanse Laerskool in Phalaborwa, nl. Laerskool Phalaborwa-Noord (Rooiskool).

Die volgende permanente hoofde was verbonde aan hierdie skool:

Ons huidige hoof, mnr. P.A. Burger, is op 1 Augustus 1998 aangestel.

Die dorp is hoofsaaklik 'n myndorp.  Die ouergemeenskap is baie betrokke by die skool en ondersteun die skool.  Finansieel dra hulle baie goed by tot die skoolfonds.

Die Skoolwapen:

Die simbole op die wapen beteken die volgende:

Die Skoollied:

Die skoollied is die werk van 'n onderwyser, mnr. A.J. Bekker, wat in 1962 aan die skool verbonde was.  Hy het self die woorde geskryf en die wysie gekomponeer mev. Mollie Pistorius het dit getoonset.

Interessante gebeure uit die geskiedenis:

 

 

Hekwagseuns 2025 Logo Image
Hoofleiers 2025 Logo Image
Hekwagdogters 2025 Logo Image
Medialeiers 2025 Logo Image
Skolierdogters 2025 Logo Image
Skolierseuns 2025 Logo Image
Leierdogters 2025 Logo Image
Leierseuns 2025 Logo Image