Hokkie
Mini-hokkie en senior hokkie word by die skool aangebied in die derde kwartaal. Dit stel dogters in staat om aan beide netbal en hokkie te kan deelneem.
Mini-hokkie word gespeel deur graad 1 - graad 3-leerders. Daar word aan 4 toernooie in die seisoen deelgeneem en dit vind plaas op Saterdae.
Oefeninge is Maandae, Dinsdae en Donderdae.
Senior hokkie word deur graad 4 - graad 7-leerders gespeel. Ligawedstryde vind op Vrydae en/of Saterdae plaas. Ons eerste span is in ‘n Premier-liga ingeskryf, waar wedstryde op astro-bane gespeel word.
Oefeninge is op Maandae , Dinsdae en Donderdae.
Ons hokkiegetalle groei elke jaar en ons het in die afgelope 4 jaar 4 Limpopospelers opgelewer.