Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Junior Koor

Ons Junior koor word die afgelope paar jaar deur mev. †Erika Engelbrecht afgerig. †Sy is `n musiekkenner en befaamde pianiste en die koor doen dus uitstekend!

Ons Junior koor oefen in skooltyd, tydens koorperiode.† Dus kan ons baie meer kinders gebruik in ons Junior koor, omdat daar nie die probleem is van vervoer nie.

Die bevordering van suiwer sang, gehoorontwikkeling,†bewegingspeletjies, †genot en die beginsels vir goeie koordissipline†is die hoofdoel waarna daar gestreef word.