Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Krieket

Groenskool bied geleentheid aan alle seuns wat belangstel in krieket vanaf 0/7 tot 0/13.

0/7 tot 0/9:

Ons skool ontwikkel seuns op hierdie ouderdomme tydens skool in ons LO - periodes in die derde kwartaal.  Oefentye is in die middae vanaf 16:30 tot 17:30 op Maandae, Dinsdae en Donderdae (in die derde kwartaal).

Spelers in hierdie ouderdomsgroepe neem nie deel aan ligawedstryde nie.  Hul neem wel deel aan verskeie “Mini-krieket” - dae wat in ons streek aangebied word.

Seuns wat in die 0/9- groep deelneem, kan wel ook geïdentifiseer word om in die 0/10-groep deel te neem en liga te speel. 
Ons affilieer slegs vanaf 0/10 af, daarom is dit belangrik om ‘n speler wat baie potensiaal toon op 0/9 - vlak, die geleentheid te bied om op ‘n hoër vlak deel te neem en deel te wees van ‘n span in die liga.

0/10 tot 0/13:

Groenskool affilieer in die mediumskole vanaf 0/10 tot 0/13 elke jaar.

Soos reeds verduidelik, is ons 0/10-groep basies ‘n moontlike kombinasie van die 0/9’s en 0/10’s.

Die 0/11-span word slegs uit 0/11-seuns gekies.

Die 0/12- en 0/13 seuns vorm deel van ons skool se oop-spanne, naamlik die 1ste span en 2de span.

Ons is een van baie min mediumskole wat 4 vol spanne in die liga kan inskryf.

Ons kompeteer baie sterk elke jaar.  Vir die laaste 8 jaar het al ons spanne in die streek as wenners of naaswenners geëindig en deurgedring na die uitspeelrondtes.  Ons het wel ook talle spanne wat as Limpopowenners en naaswenners hul seisoen elke jaar afsluit.

Onlangse provinsiale spelers:

Oefentye: 

0/10 tot 0/13-spanne begin stiptelik om 15:00 oefen.  Oefening eindig op die laatste 16:30.

DAG O/10 O/11 2de 1ste
Maandae Krieketnette Krieketnette Veldwerk Veldwerk
Dinsdae Veldwerk Veldwerk Krieketnette Krieketnette
Donderdae Veldwerk Krieketnette Veldwerk Krieketnette

Toerusting:

Toerusting om te kolf vir elke ouderdomsgroep vanaf 0/7 tot 0/13, word deur die skool voorsien vir oefeninge, sowel as wedstryde.  Spelers is ook welkom om eie toerusting te gebruik.

Ons vra egter dat die seuns probeer om hul eie krieketballe (nuut of oud) saam te bring na die oefeninge.  Daar word wel ‘n nuwe krieketbal deur die skool voorsien vir elke wedstryd.

 

Hekwagseuns 2025 Logo Image
Hoofleiers 2025 Logo Image
Hekwagdogters 2025 Logo Image
Medialeiers 2025 Logo Image
Skolierdogters 2025 Logo Image
Skolierseuns 2025 Logo Image
Leierdogters 2025 Logo Image
Leierseuns 2025 Logo Image