Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Kultuur

Laerskool Phalaborwa is ryk aan kultuurverwante optredes en in die ontwikkeling van ons leerders, van klein tot groot. 

Wat hierdie skool aanbied is: 

Ons Junior koor, asook Senior koor is klinkklare bewyse hiervan.  Toegewyde personeel belê baie tyd in ons kinders. 

Redenaars is altyd ‘n besondere maatstaf in die ontwikkeling van ons blinkste en beste sterre.  Dit ontwikkel nie net die intellek nie, maar ook kommunikasie- en redenasievermoë.

Revue of verskeidenheidskonserte is altyd 'n hoogtepunt op ons skool se kalender van kultuuraktiwiteite.  Alle leerlinge in ons skool, vanaf graad RRR tot graad 7 neem deel aan die revue of  verskeidenheidskonsert.  Dit is werklik moeilik om te bepaal wie dit die meeste geniet - die kinders, die onderwysers of ons ouers. In 2015 het ons die musiekblyspel aangebied: "The Lion King".  'n Reuse sukses!

Graad R - trompoppies word ook aangebied en die dogtertjies se vaardighede beïndruk telkemale by optredes al die toeskouers. 

Hekwagseuns 2025 Logo Image
Hoofleiers 2025 Logo Image
Hekwagdogters 2025 Logo Image
Medialeiers 2025 Logo Image
Skolierdogters 2025 Logo Image
Skolierseuns 2025 Logo Image
Leierdogters 2025 Logo Image
Leierseuns 2025 Logo Image