Landloop
Organiseerder en afrigter:
Mev. Juanita van der Sandt
Inleiding:
Ons leuse is: Hardloop is pret!
Enige atleet wat belangstel om te hardloop, mag deelneem. Landloop sluit oefeninge in soos spoed, uithouvermoë en kragwerk. Ons poog om ‘n gemaklike atmosfeer te skep, waar atlete hul volle potensiaal kan bereik, en sosiale vaardighede kan verbeter. Harde oefeninge en selfdissipline word vereis om doelwitte te bereik!
LLSV-kleure:
Leerders moet aan drie of meer vriendskaplike byeenkomste, plus die LLSV-byeenkoms deelneem, om vir LLSV-kleure in aanmerking te kom. Leerders wat deurgaans onder die eerste tien plekke gekom het, kan dan hulle LLSV-kleure verwerf.
Drag:
Leerders hardloop in die skool se atletiekdrag:
- ‘n Swart oefenbroekie
- Atletiekfrokkie
Atletiekfrokkies is by die skool te koop en pryse wissel volgens grootte.