Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Naskoolsentrum

Laerskool Phalaborwa beskik oor `n naskoolsentrum wat op die terrein geleë is.  Die sentrum bied `n veilige omgewing, waar leerlinge vanaf Borrels (2-3jr.) tot graad 7, die middag geakkommodeer kan word, hul huiswerk kan voltooi of leer.

Bestuur:

Die naskoolsentrum staan onder die bestuur van Mev. Marietjie van Heerden:  071 676 4513 wat dit organiseer.  Die naskool word bestuur met die oogmerk op dienslewering en is nie op winsbejag ingestel nie. 

Doel:

Die doel van die naskool is om aan die werkende ouer gemoedsrus te gee, rakende hul kinders se veiligheid, versorging,  huiswerk en buitemuurse aktiwiteite. Buitemuurse aktiwiteite vind op die skoolterrein plaas en is maklik en veilig bereikbaar deur leerlinge.

Toesig:

Daar word van gekwalifiseerde onderwyspersoneel gebruik gemaak.  Personeel help met toesig, huiswerk en algemene welstand van die leerlinge. Eksamentye word professioneel benader en daar word toegesien dat leerlinge studeer.

Groepe:

Leerders word in verskillende groepe en klaslokale geakkommodeer.

Tye:

Kostes:

Hekwagseuns 2025 Logo Image
Hoofleiers 2025 Logo Image
Hekwagdogters 2025 Logo Image
Medialeiers 2025 Logo Image
Skolierdogters 2025 Logo Image
Skolierseuns 2025 Logo Image
Leierdogters 2025 Logo Image
Leierseuns 2025 Logo Image