Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Redenaars

Laerskool Phalaborwa neem elke jaar aan die ATKV-redenaarskompetisie en die Radikale redenaarskompetisie deel. 

Ons is trots op ons leerlinge, want ons het al ‘n menigmaal leerlinge gehad wat aan die semi-finale rondte deelgeneem het by die ATKV-redenaarskompetisie en ook aan die finale rondte neem van Radikale redenaars.  Ons het ook in 2019 begin om leerlinge in te skryf vir die groepsredenaarsafdeling by Radikale redenaars.  Die leerlinge geniet redenaars en dit bevorder ook hul selfvertroue.

Leerlinge kry nuwe temas reeds in Desember.  Die leerlinge wat dan kwalifiseer, neem deel aan die skooluitdunne.  Daar is drie redenaarsaande wat gehou word aan die begin van die jaar, om te bepaal wie die skool gaan verteenwoordig by die ATKV  (graad 1 tot graad 3, graad 4 en graad 5, en graad 6 en 7).  Die graad 1 tot 3 redenaarsleerlinge se ander twee aande se uitdunne vind in ons skoolsaal plaas en dis vir die graad 4's en 5’e gesamentlik en ook vir die graad 6'e en 7’s.  Die leerlinge wat dan hier deelneem, kry elkeen erkenning daarvoor tydens ons prysuitdeling.

Na hierdie uitdunne word die leerlinge wat gekies is, deur die betrokke personeel afgerig. 

In die derde kwartaal word daar dan ook ‘n redenaarsaand gehou vir ons Juniors.  Hierdie aand word dan in die skoolsaal aangebied. Die leerlinge geniet dit.  Baie geluk aan al die redenaars wat aan die ATKV-kompetisie deelgeneem het!  Julle bly wenners in die ware sin van die woord! 

Om jou woord gestand te kan doen, is 'n groot gawe en verdien respek! Ons is baie trots op almal van julle! 

Hekwagte 2024 Logo Image
Hoofleiers Logo Image
Hekwagte Seuns 2024 Logo Image
Medialeiers Logo Image
Medialeiers seusn Logo Image
Skolier dogters Logo Image
Skolier seuns Logo Image