Algemeen:
Rugby is `n sportsoort waarin die Groenskool jaarliks baie goed presteer en ons naam is goed bekend onder die top skole in Limpopo.
Groenskool neem deel aan die mediumskole-liga en kompeteer op verskeie rugbydae en toernooie.
Groenskool lewer ook jaarliks verskeie spelers, wat in die onderskeie provinsiale en streekspanne opgeneem word.
Bekwame afrigters, doelgerigte seuns en betrokke ouers, gee ons seuns die geleentheid om in `n spansport deel te neem en elke speler te ontwikkel, om sy volle potensiaal te bereik!
Rugbydae:
Groenskool neem voor die liga begin, aan verskeie rugbydae deel, sodat afrigters talent kan identifiseer en spanne daarvolgens kan kies.
Groenskool: Rugby- en Netbaldag
Groenskool bied jaarliks ons eie Rugby- en Netbaldag aan.
Deelnemende skole sluit in:
- Laerskool Pietersburg-Noord
- Laerskool Pietersburg-Oos
- Laerskool Bergland
- Laerskool Tzaneen
- Laerskool Nelspruit
Hierdie is `n baie groot en belangrike dag vir ons skool en word jaarliks suksesvol aangebied met die hulp van ons ouers, personeel en borge.
Rugbytoer:
Groenskool se 0/9 - 1ste-spanne toer jaarliks gedurende die Maart/April skoolvakansie. Die toer bied nog `n geleentheid vir afrigters om spelers te identifiseer en dien ook as goeie voorbereiding vir die liga.
Super 6:
Hierdie toernooi het 2024 weer begin in Polokwane. Groenskool is die enigste mediumgrootte-skool wat tussen die ander vier grootskole deelgeneem het. Groenskool het baie goed gevaar en algeheel 2de gekom.
Deelnemende skole sluit in:
- Laerskool Pietersburg-Noord
- Laerskool Krugerpark
- Laerskool Bosveld
- Laerskool Laeveld
- Laerskool Phalaborwa
Super 8:
Hierdie toernooi het elke jaar te plaasgevind in Polokwane. Groenskool is die enigste mediumgrootte-skool wat tussen die ander sewe grootskole deelgeneem het.
Deelnemende skole sluit in:
- Laerskool Pietersburg-Noord
- Laerskool Krugerpark
- Laerskool Lydenburg
- Laerskool Bosveld
- Laerskool Thabazimbi
- Laerskool Pietersburg-Suid
- Laerskool Bergland
Groenskool eindig algeheel:
2018: 1ste
2019: 2de
Liga / Limpopo uitspele 2023:
- O/9: Liga Wenners / Limpopo Wenners
- O/10: Liga Wenners / Limpopo Wenners
- O/11: Liga Wenners / Limpopo Naaswenners
- 2de Span: Liga Wenners / Limpopo Naaswenners
- 1ste span: Liga Wenners / Limpopo Naaswenners
Rugbyliga 2019:
- 0/9: Wenners
- 0/10: Wenners
- 0/11: Wenners
- 2de Span: Wenners
- 1ste Span: Wenners
Limpopo-uitspele 2019:
- 0/9: Limpopo-naaswenners
- 0/11: Limpopo-naaswenners
- 2de Span: Limpopowenners
- 1ste Span: Limpopowenners
Provinsiale- en Streeksweekspelers vir 2023:
Provinsiale spelers:
- Janco Oberholzer
- Delarey v/d Linde
- Lleyton Lira
- Logan Meintjes
- Nkateko Mngoni
Bulletjie-Rugby:
0/6 - 0/8-Seuns kry die geleentheid om aan verskeie Bulletjie-rugbydae deel te neem gedurende die jaar.
Groenskoolrugby: "Hoe harder, hoe lekkerder" - bly ons sportleuse!