Laerskool in Phalaborwa

Samestelling van Ons Skool

Groenskool is 'n mediumgrootte, Afrikaanse skool vir leerders vanaf graad R tot graad 7.  By Laerskool Phalaborwa val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer wat op Christelike beginsels geskoei is.

Hier by die skool glo ons, dat akademie, sport en kultuur met oorgawe gedoen moet word.  'n Holistiese benadering word gevolg deur 'n verskeidenheid van geleenthede te bied vir ontwikkeling op akademiese, sport- en kultuurgebied.

Elke leerder en personeellid deel in hierdie siening en vandaar ons goeie prestasies.  Blootstelling en kompetisie teen die bestes, spoor ons aan om steeds te probeer verbeter.  Positiewe en betrokke ouers maak die taak van die opvoeders baie ligter.

Dit is vir ons 'n groot eer om te weet dat ons leerders se ouers ons skool vertrou met hul kosbaarste besittings.

Hekwagseuns 2025 Logo Image
Hoofleiers 2025 Logo Image
Hekwagdogters 2025 Logo Image
Medialeiers 2025 Logo Image
Skolierdogters 2025 Logo Image
Skolierseuns 2025 Logo Image
Leierdogters 2025 Logo Image
Leierseuns 2025 Logo Image