Senior Koor
Ons Senior koor oefen na skool. As gevolg van `n baie druk akademiese program, kan ons ongelukkig nie ons senior leerlinge ook in skooltyd laat oefen nie. Die oefentye is so aangepas dat dit nie bots met rugby, netbal, atletiek, landloop of swem se oefentye nie. Dus kan baie leerlinge kom oefen en in ons koor sing.
Die Senior koor bestaan tans uit graad 4 – 7 leerders. Ons tree op saam met gaskunstenaars, tydens koorfeeste, in kerke en by konserte.