Leieridentifisering is ‘n kontinue-proses.
Graad 6-leerders woon ‘n leieridentifiseringskamp by in Augustus. Leierverkiesings vind gedurende Oktober/November plaas. Stemme van leerders en personeel word in berekening gebring en volgens ‘n formule bereken. Deursigtigheid is van uiterse belang.
Leiers woon ‘n leierkamp by aan die begin van hul leierjaar. ‘n Leier by Laerskool Phalaborwa het die volgende pligte en verantwoordelikhede nl: Sien aangeheg die erekode wat elke leier/leidster uit hul koppe ken (en per individu Maandae by saalopening, opsê). Om ten alle tye ‘n voorbeeld te stel op alle gebiede: die klas, sportveld en gemeenskap.
Diensbeurte vind twee-weekliks plaas met die hoof- en onder-hoofleiers deurentyd aan diens. Elke leier/leidster is verantwoordelik vir orde/dissipline op die terrein en tydens enige aktiwiteit. Elke leier/leidster is saam met die voogpersoneel verantwoordelik vir ‘n klas. Vlagpresentasie word daagliks gedoen.
Daar is elke Woensdag om 13:30 ‘n leiervergadering in die leiervoog (Mev. Celia Meintjes) se klas. ‘n Christelik-gefundeerde kursus word gevolg en ander sake van die dag word bespreek. Personeel en werkers ontvang 'n klein geskenkie wanneer hulle verjaar en leiers sing vir hul 'n unieke verjaarsdaglied.
Leierouers:
'n Komitee word gekies wat ouervergaderings reël en bestuur. Vergaderings vind plaas na behoefte. Fondsinsamelingsprojekte (om leierfonds aan te vul) word per kwartaal onderneem.