Laerskool Phalaborwa se swem bevorder die kinders se groot-motoriese ontwikkeling en dit beskik ook oor groot terapeutiese waardes soos onder andere die verbetering van konsentrasie.
Organiseerder:
Mev. Juanita van der Sandt
Afrigters:
Juniors: Mev. Juanita van der Sandt en mev. Chadé Cloete
Seniors: Mev. Melanie Venter en mev. Nicole Cilliers
Swemspan:
Juniors: 0/7 - 0/9
Seniors: 0/10 - 0/13
Om deel te word van die swemspan, moet die swemmers aan die interhuis deelneem en plekke behaal. Daar word egter gereeld uitdunne gehou, sodat die vordering van elke individuele swemmer ook in aanmerking geneem kan word.
Prestasies:
Die afgelope 5 jaar presteer ons uitstekend en behaal elke jaar plek onder die Top 4 by die Top 10-skolegala. Ons behaal ook telkens die eerste plek by die driehoekige byeenkoms.
Interlaer: Onder die eerste drie plekke.
Oefentye:
Juniors: Maandag, Dinsdag en Donderdag vanaf 13:00 - 14:30
Seniors: Maandag, Dinsdag en Donderdag vanaf 14:30 - 17:00
Die juniors moet alreeds al die swemslae onder die knie kry - behalwe vlinderslag. Juniors neem ook aan aflosse deel. Swemafrigting vorm ook deel van ons graad R tot graad 3-kurrikulum. Ons bied ‘n Vissiegala in die eerste kwartaal aan, waar die hele grondslagfase se leerders deelneem.