Laerskool in Phalaborwa

Uit Die Hoof se Pen

Laerskool Phalaborwa, beter bekend as die Groenskool, is geleë in die pragtige laeveldse dorp Phalaborwa, sowat drie kilometer van die Krugerwildtuin se hek af.

Ons is ‘n eg plattelandse skool, waar kaalvoetkinders gelukkig, gekoester en geanker is.

By ons skool is dit vir ons belangrik om die kind se volle menswees te ontwikkel.

‘n Gebalanseerde kind, is ‘n gelukkige kind. Daarom bied die skool geleenthede op verskeie gebiede aan om aan elke kind se behoeftes te voorsien.

Ons het ‘n kinder-vriendelike omgewing, waarin elke kind kan groei en ontwikkel op akademiese-, sport-, en kultuurgebied.

Ons kan met trots sê dat ons goedopgeleide, toegewyde personeel het, wat dit moontlik maak om hoë standaarde te handhaaf.

Hier wil ons met ouers hande vat, om elke kind te ondersteun en leiding te gee, sodat elkeen van hulle, hulle Godgegewe talente kan ontdek.

Die skool, sy kinders en gemeenskap is my passie. Ek glo aan ‘n oop-deur beleid.

Kom loer gerus by my in as iets pla, of sommer net om te groet!

Kom, en word deel van die Groenskoolfamilie.

 

Cornel Oberholzer

Hekwagseuns 2025 Logo Image
Hoofleiers 2025 Logo Image
Hekwagdogters 2025 Logo Image
Medialeiers 2025 Logo Image
Skolierdogters 2025 Logo Image
Skolierseuns 2025 Logo Image
Leierdogters 2025 Logo Image
Leierseuns 2025 Logo Image