Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Voorskool

Graad RRR, Graad RR en Graad R

Departementshoof:

Mev. Marietjie van Heerden

Vakhoof:

Mev. Shirlene van den Borre

Opvoeders:

Borrels:
Mev. Adri Schnettler (Graadvoog)
Mev. Marietjie van der Walt
Mej. Dedre Bekker

Graad RRR:
Mev. Suria de Goede (Graadvoog)
Mev. Ina van Aswegen

Graad RR:
Mev. Ina van Aswegen (Graadvoog)
Mev. Hannetjie Boshoff

Graad R:
Mev. Shirlene van den Borre (Graadvoog)
Mej. Sunél Fourie
Mev. Morag de Wet

Kurrikulum:

`n Dagprogram by graad R is volgens die riglyne van KAVS uitgewerk.  Hierdie gestruktureerde program sorg vir die optimale ontwikkeling van elke kleuter.  Ons uiters bekwame personeel sorg vir liefdevolle, Christelik- gefundeerde onderrig.  Die dagprogram maak voorsiening vir hope pret met lessies, liedjies, gediggies, waterspel en vele meer.  Daar word ook van `n verskeidenheid opvoedkundige apparate gebruik gemaak.

Graad RRR asook graad RR se dagprogramme pas by die van graad R'e aan.

Speelterrein:

Graad RRR, graad RR en graad R beskik oor goed-beplande speelterreine, waar kleuters die nodige oefeninge kry om hul groot-motoriese spiere te ontwikkel.  Elke kleutergroep beskik oor hul eie, omheinde en veilige speelterreine met die nodige klim-en-klouterapparaat.  Al hierdie groepe word op die gronde van Laerskool Phalaborwa gehuisves.  Vir die veiligheid van die kleuters, word die hekke van alle terreine gedurende skoolure gesluit met elektronies beheer.

Fasiliteite:

Kleuters van gr. R word betrek by die volgende aktiwiteite:

Die res van die groepe word ook by die volgende betrek:

Hierdie aktiwiteite dien as voorloper vir graad 1, daarom is dit wenslik dat kleuters alreeds van voorskool af by Trompettertjieland  en graad R inskakel.

Inskrywings:

Inskrywingsvorms is by die kantoor beskikbaar.  Daar is reeds `n waglys vir 2022 in die kantoor.

Graad RR & graad R:
R1040,00 per kind oor 11 maande.

Graad RRR: 
R1040,00 vir halfdag
R1590,00 vir voldag
R300,00 registrasiefooi

Borrels:
R1360,00 vir halfdag
R1840,00 vir voldag
R300,00 registrasiefooi

Oueraande:

Inligtingsaand:  Die eerste week nadat die skool heropen het in Januarie. Daarna een keer per kwartaal nadat kleuters hul rapporte ontvang het.  `n Oop-deur-beginsel word egter gehandhaaf en ouers is welkom om per afspraak, met die kleuters se opvoeders te kom gesels.

Jaarprogram:

Aan die begin van elke nuwe kwartaal, word die kleuters voorsien van `n kwartaalprogram met al die aktiwiteite en belangrike datums, rakende die skool.