Laerskool in Phalaborwa | Groenskool

Rugby

Algemeen:

Rugby is `n sportsoort waarin die Groenskool jaarliks baie goed presteer en ons naam is goed bekend onder die top skole in Limpopo. 

Groenskool neem deel aan die mediumskole-liga en kompeteer op verskeie rugbydae en toernooie.

Groenskool lewer ook jaarliks verskeie spelers, wat in die onderskeie provinsiale en streekspanne opgeneem word.

Bekwame afrigters, doelgerigte seuns en betrokke ouers, gee ons seuns die geleentheid om in `n spansport deel te neem en elke speler te ontwikkel, om sy volle potensiaal te bereik!

Rugbydae:

Groenskool neem voor die liga begin, aan verskeie rugbydae deel, sodat afrigters talent kan identifiseer en spanne daarvolgens kan kies.

Groenskool: Rugby- en Netbaldag

Groenskool bied jaarliks ons eie Rugby- en Netbaldag aan.

Deelnemende skole sluit in:

Hierdie is `n baie groot en belangrike dag vir ons skool en word jaarliks suksesvol aangebied met die hulp van ons ouers, personeel en borge.

Rugbytoer:

Groenskool se 0/9 - 1ste-spanne toer jaarliks gedurende die Maart/April skoolvakansie.  Die toer bied nog `n geleentheid vir afrigters om spelers te identifiseer en dien ook as goeie voorbereiding vir die liga.

Super 8:

Hierdie toernooi het elke jaar te plaasgevind in Polokwane.  Groenskool is die enigste mediumgrootte-skool wat tussen die ander sewe grootskole deelgeneem het.

Deelnemende skole sluit in:

Groenskool eindig algeheel:

2018: 1ste
2019: 2de

Rugbyliga 2023:

Rugbyliga 2019:

Limpopo-uitspele 2019:

Provinsiale- en Streeksweekspelers vir 2019:

0/11:  Ontwikkeling-Noorde:

0/12:  Letaba:

0/12:  Limpopospan:

0/13:  Limpopo XV - Tal:

0/13:  Cravenweek:

0/13:  Limpopo Sewes:

Bulletjie-Rugby:

0/6 - 0/8-Seuns kry die geleentheid om aan verskeie Bulletjie-rugbydae deel te neem gedurende die jaar. 

Groenskoolrugby:  "Hoe harder, hoe lekkerder" -  bly ons sportleuse!

Hekwagte 2024 Logo Image
Hoofleiers Logo Image
Hekwagte Seuns 2024 Logo Image
Medialeiers Logo Image
Medialeiers seusn Logo Image
Skolier dogters Logo Image
Skolier seuns Logo Image