Laerskool in Phalaborwa | Groenskool
Waar ons werk hier ver in die Noorde,
klink ons lied se luide akkoorde.
Die oes is die loon van ons arbeid en vlyt,
want ons leuse is: "Vooruit".
Ons sal werk en groei deur die jare,
al dreig daar vele gevare.
Vir moeite en stryd sal ons nimmer stuit,
want ons leuse is: " Vooruit".
Ons sal roem op jou Alma Mater,
hier verreis as trots uit ons aarde.
Ons dade sal steeds uit jou leringe spruit,
want ons leuse is: " Vooruit".